
=====================================================================
Onbeskaamd granaatbos
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Onbeskaamd granaatbos

Antoinette Pienaar   openbaar uit watter aarde sy skep. IN die dorre Karoo op die wye vlaktes groei daar 'n bos, die granaatbos. Elke 
granaatbos het sy unieke vorm en geen twee bossies lyk dieselfde nie. Die granaatbos het ook geen seisoen nie, hy blom elke keer as dit 
ren en dan is di dankbare bos met sy kenmerkende goudgeel blomme oortrek.

Soos my oog oor my werk gly, val die wye verskeidenheid my op -- elke produksie vra 'n eie styl. Ek vra van my werk dat dit van my 'n 
granaatbos sal maak, dat ek nooit sal vrees om uniek goudgeel Karoobos te wees nie.

My oorspronklike werk saam met die komponis Derek Fordyce het in 1995 die lig   gesien in die vorm van Krotoa, 'n musiekdrama wat   kyk na 
'n stukkie geskiedenis oor die Koikoi meisie Krotoa wat as 'n geskenk gegee is aan Van Riebeeck om die Hollanders in die Kaap welkom te 
heet. Sy word Eva herdoop en ons drama vertel die storie van die ontmoeting van Koikoi en Europer, en die prys wat al twee groepe betaal. 
My werk vra van my om spiel te wees, om die lig van die storie na die gehoor toe te weerspiel, dus bepaal Krotoa se stem die styl van 
hierdie musiekdrama.

In Gorrels Ytie Groot Garob, ons Karoo kabaret, word   die Karoo se stem sterk gehoor en hierdie keer is dit di stuk aarde wat die styl 
bepaal. Soos die granaatbos is my wortels stewig in die grond geplant en die streek waarvandaan ek kom, praat in my bloed.

Allie Anner Vroue,   Die Gariep Roep,   Lossie Liefde vir Later en   Eporia, die verhaal van die meermin van die Klein Karoo,   is die 
ander oorspronklike produksies wat sterk hul stempel op my siel gedruk het.

Ek werk meestal alleen, skryf die teks en lirieke hier in die Karoo, stuur dan die lirieke vir Derek in Kaapstad, waar hy op sy beurt sy 
stempel op die werk plaas. Tussen my styl en sy styl ontstaan 'n binding waarin een en een drie word.

Ons leef in 'n wonderlike tyd -- pioniers kan daarin floreer, want in die teater is almal nou vry om 'n Suid-Afrikaanse styl die lig te 
laat sien. Wanneer jy 'n stuk skryf, dink jy nooit ek gaan nou 'n unieke Suid-Afrikaanse teaterstyl skep nie. Die pad wat jy na jou werk se 
einddoel loop, bepaal in 'n groot mate jou styl.

Suid-Afrika het 'n geweldig ryk storieverteltradisie en die feit dat ek primr 'n storieverteller is, laat my voete stewig staan in di 
Afrikastyl. Ek glo dat as kunstenaars ons unieke kontinent met sy unieke landskappe met hulle laat praat, hulle vanself 'n "Suid-
Afrikaanse" teaterstyl sal vind. Suid-Afrika is van hierdie pragtige vasteland die hart se punt, en die klop van hierdie hart moet die 
ritme van ons kuns wees.

As kunstenaar maak ek my binneste oop sodat die wind, water en ren erosieslote in my siel kan maak, Ek word gevorm soos die stuk kontinent 
waarop ek woon. Mense en hul stories waai teen my vas en laat hul merk, sodat ek later soos 'n spiel vir hulle kan wys hoe lyk hlle, hoe 
lyk k. Elke produksie verander die landskap van my lyf en my gees onherroeplik, spoel valleie waar voorheen berge was, maak poorte oop wat 
lank toe was. Dit als kan alleenlik gebeur as ek sonder voorskrifte voor my werk gaan stil word en vra dat dit my vorm.

Ek en Derek het ons sewende oorspronklike produksie geskep, wat di keer handel oor die Boere-oorlog om saam te val met die honderdjarige 
herdenking van hierdie gebeurtenis

My styl? Om onverskrokke te doen wat uit die hart uit kom, om my te laat lei deur die strome van musiek wat deur al ons produksies vloei en 
om bloot granaatbos, kontreibos te wees. Antoinette Pienaar,   oorspronklik van Carnarvon, is veral bekend om haar eiesoortige 
gedramatiseerde sanguitvoerings by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees. Haar aanbieding vanjaar is 'n musiekdrama, Johanna, op die   
Rimpelfees.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av619.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Maart 1999 /// 'Ek is Afrikaanse Euro-Afrikaan' (AV 6:1) /// Afrikaans, 
jy en die Grondwet (AV 6:1) /// Veeltaligheid gekoester deur jong mense (AV 6:1) /// Geletterdheid (AV 6:1) /// HOOFARTIKEL-- Jaar met nuwe 
uitdagings (AV 6:1) /// Taalervaringe van 'n Duitse immigrant (AV 6:1) /// Afrikaanse posiebron vir Lae Lande (AV 6:1) /// In Verneukpan 
en Boesmanland lf Afrikaans (AV 6:1) /// Onbeskaamd granaatbos /// Toegevoegde teenoor verminderde tweetaligheid (AV 6:1) /// Kortverhaal 
-- Huisdiere (AV 6:1) /// Onderwys-werksessies (AV 6:1) /// Afrikaanse Bybel op die Internet (AV 6:1) /// Jan Schutte: 'n Huldeblyk (AV 
6:1) /// 'Dominee, 'n mooi sin is 'n mooi ding' (AV 6:1) /// Ligter taalmomente oor die grensdraad /// Nuwe era vir Afrikaanse boek (AV 
6:1) /// Op spoor van Maleise invloed (AV 6:1) /// Millennium-blues (AV 6:1) /// Afrikaans kuier oor die drumpel (AV 6:1) /// Hy 
verpersoonlik eerlikheid (AV 6:1) /// Ons lesers skryf (AV 6:1) /// Koningin stap voor in die ry (AV 6:1) /// Di koor gee jou hoop (AV 
6:1) /// Met 'n uitsig op 'n park (AV 6:1) ///

